Hierdie blad is 'n virtuele rëunie vir oud-leerlinge van die ou Blouskool in Bukesstraat, Kroonstad. So baie keer wonder 'n mens wat van almal geword het en waar hulle nou is. 'n Reunie kos baie organisasie en geld en almal kan dit in elk geval nie noodwendig bywoon nie - vandaar die idee van 'n virtuele rëunie. So kan almal dan 'n idee kry van waar ou vriende hulle deesdae bevind en hoe hulle lyk sonder om die wereld oor te reis.

Ek stel persoonlik belang in die 1974 matriekulante maar sal die webspasie beskikbaar stel aan enigeiemand wat 'n ander jaar wil onderhou.  Hier is iets vir die 1973 groep.

Om dit te kan doen sal ek egter hulp van heinde en verre nodig hê en sal dit waardeer as almal vir my 'n resente gesinsfoto en paragraaf of twee oor hulle lewe en huidge omstandighede sal stuur.

Deon Slabbert het aangebied om die 1976 klas te hanteer. Kontak asb vir Deon met inligting en regstellings. Lanie Schuurman (Wessels) het die proses gedryf om die 1977 klas op te kry - kontak asb. vir Lanie met 1977 inligting. Bas Peters stel belang as potensiele webmeester vir 1973 maar ons benodig die foto. Bas se ander belangstelling is die Sub-A Suidrand klas. Lanie het vasgestel dat oom Sam Keogh se negatiewe nog bestaan en dit is waar sy die 1977 foto gekry het.

Ek kry deesdae baie min tyd vir die onderhoud van die werf en die beloofde nuwe tegnologie sal nog 'n ruk neem.

Hier is 'n kort oorsig oor die geskiedenis van die skool soos verkry uit die 1970 (50 jarige bestaan) jaarblad. Die huidige Blouskool, wat bestaan uit 'n samestelling van die ou Blouskool, die H.T.S. de Wet Nel en die Landbouskool, het ook 'n webwerf.

Groete,
Basjan (Proffie) Wessels
Feb 2009
Age Quod Agis