Francis is al 30 jaar lank met Hendri Steyn getroud en hulle woon in Bloemfontein waar Hendri 'n finansiële bestuurder is. Francis is 'n entrepreneur en bak konfyttertjies en Hertzogkoekies vir 5 tuisnywerhede, so tussen 100 en 130 dosyn per week . Die mense op die foto is soos volg: Agter v.l.n.r: Anci ( 29 ) 'n Graad 1 juffrou te Parys ( on Vaal ); Hendri en Francis. Voor ook v.l.n.r: Ronelle ( 26 ) 'n Kaptein in die SANW te Pretoria en dan Armandt ( 17 ) wat oor 6 weke met sy Matriek ( Graad 12 ) eksamen begin en wil ook na die SANW gaan in die rekenaar afdeling.

2006