Derek is getroud met Jacomi en het 3 kinders uit 'n vorige huwelik - dogter(20) en twee seuns 18 en 12. (2005) Die foto is 2024. Derek is 'n aktiewe stapper en bergklimmer en het onlangs die eerste persoon geword om al die hoogste pieke in al nege provinsies in S.A. te klim.

Die nege pieke is as volg:
1. KwaZulu-Natal: Mafadi, in die Injasuti area van Drakensberge, op die Lesotho-grens - 3451m (11322 vt).
2. Vrystaat: Namahadi-piek, in die QwaQwa area van Drakensberge/Maluti's - 3291m (10797 vt).
3. Oos-Kaap: KwaDuma, suid-wes van Ongeluksnek op die grens met Lesotho - 3019m (9904 vt).
4. Mpumalanga: Die Berg, in die Steenkampsberge naby Lydenburg - 2331m (7647 vt).
5. Wes-Kaap: Seweweekspoortpiek, naby Ladismith in die Klein-Swartberge - 2325m (7627 vt).
6. Noord-Kaap: Kriegersbaken, noord van Kompasberg in die Sneeuberge, Richmond distrik - 2156m (7073 vt)
7. Limpopo: Iron Crown, in die Wolkberge naby Haenertsburg - 2126m (6975 vt)
8. Gauteng: Toringkop, in die Suikerboschrant naby Heidelberg - 1913 m (6276 vt)
9. Noordwes: Nooitgedacht-Wes, in die Magaliesberge naby Hekpoort - ongeveer 1805 m (5921 vt)