Philip was na sy weermagopleiding in Bloemfontein waar hy vir Elize ontmoet het. Daar is hulle getroud en het hulle na Kempton Park verhuis. Vir amper 15 jaar het hy daar gewerk en na 'n kort werks-verblyf in Pretoria het hulle die "ou Transvaal" vir 'n plekkie aan die kus verruil. Hulle woon die laaste 11 jaar in Knysna aan die Weskaapse suidkus. Hy het onder andere by die KOVSIES gestudeer en daarna by UNISA en RAU. Hy het homself as Menslike Hulpbron Praktisyn gekwalifiseer en het uiteindelik die korporatiewe omgewing verruil om voltyds met die jongmense te werk. Elize werk by 'n prokureursfirma op die dorp en Philip is Direkteur van Youth for Christ in Knysna. Wernich (25) is IT spesialis op George en Ruan (23) maak hierdie jaar klaar met sy Honeursgraad in Kommunikasie op Potchefstroom. Hy skree egter steeds vir die Cheetah's!"