Die foto is op my ma se tagtigste verjaarsdag geneem. Links voor is ek. Ja, ek. Die ou oom met die bleskop is ek. My juweel van 'n kuif is laaaankal iets van die verlede. Die ou tannie in die middel is my ma. Vir dié wat ons gesin van nader geken het : Dis nou die ma van agt kinders met die vaal kombi wat die buurt se kinders oral rondgery het. Regs voor is my maat van die afgelope 30 jaar (waarvan ons 27 getroud is!) Mariaan is steeds musiekonderwyseres (privaat, sy werk nie vir die staat nie en staak sal dus nie help nie) en orreliste. Links agter is my seun Wilhelm (23) wat tans honneurs in Poiltieke Wetenskap aan TUKS studeer. (Hy sal jou gou reghelp om te sê dat hy 'n oud-Matie is! Maar soos sy pa skree hy steeds vir die Cheetahs, all het hy nog nooit in die Vrystaat gebly nie.) In die middel agter is Janine (16), lank en blond (ja, sy is my eie kind! regtig!) wat in graad 11 is aan die Hoërskool Punt op Mosselbaai. Regs agter is my middelkind, Marelize (20) wat tans BCom Bestuurswetenskappe by Maties swot.

Ek was onlangs deur Kroonstad en was regtig teleurgesteld om te sien hoe die dorp se infrastruktuur besig is om te vou. Ai, dis hartseer om my mooi ou dorp so te sien agteruitgaan. Maar, wees verseker, as ek DV weer Vrystaat se kant toe ry, maak ek weer 'n draai in dié besondere hinterland wat ek maar net nie uit my are kan kry nie! (Ek is al 29 jaar weg uit die Vrystaat.)

Groete aan al my ou vriende.

En as julle weer Hartenbos toe kom, kom loer asseblief in vir 'n koppie tee/koffie/koeldrank/???!!!

Groete, Smuts (2007)

Hier is sy storie.