Neels van Tonder is tans predikant in Marikana. Gedurende die negentigerjare het hy aan die Universiteit van Pretoria en die Randse Afrikaanse Universiteit gedoseer. Hy beskik oor twee magistergrade. As gerekende atletiekafrigter het hy oor die afgelope vyftien jaar reeds 67 SA kampioene (naellope en verspring) in verskillende oudersgroepe opgelewer. Tot met 2006 was hy ook 'n provinsiale hokkieskeidsregter. Verder het hy twee kinders. Danelle is tweedejaar aan die Universiteit van Johannesburg en is ook 'n provinsiale hokkiespeler. Nelius is tans in matriek en het ook reeds provinsiale kleure in atletiek, rugby en hokkie verwerf. (2007)